Die Woordfees bring elke jaar van Suid-Afrika se geliefde kunstenaars, akteurs, musikante en skrywers bymekaar. Vanjaar is daar weer ’n program propvol stories en produksies wat gehore aan die dink én aan die lag sal sit. Een van die bekendes wat deel is van vanjaar se fees, is die aktrise Daneel van der Walt, wat oor die jare haar merk in die Suid-Afrikaanse toneel- en vermaaklikheidswêreld gemaak het. Sy is bekend vir haar werk op die verhoog en op die skerm, en vanjaar kan feesgangers haar weer in ’n nuwe Woordfees-konteks beleef.