Sy is ’n kos-entrepreneur, ’n kampvegter vir tradisie, en ‘n vrou wat bewys dat jy ’n moderne leefstyl kan hê sonder om jou wortels te vergeet. Sy is Anika Dambuzo, beter bekend as The City Makoti. Sy het ‘n massiewe aanhang op sosiale media, waar sy gereeld video’s deel. Anika is Afrikaanssprekend, en getroud met Sihle Dambuza. Sihle is Xhosa, en oorspronklik van Grahamstad. Eloise Cupido gesels met Anika oor haar multikulturele lewe.