Deel 2: Elana van der Walt is ‘n ma van twee kinders, ‘n entrepreneur, sake-eienaar en kreatiewe vervaardiger, met ‘n sterk fokus op bemagtiging en persoonlike transformasie. Sy is die stigter en eienaar van Novalicius Hair Extensions, ‘n handelsmerk wat bekend is vir hoëgehalte haarverlengings wat selfvertroue en individuele skoonheid bevorder. Benewens haar rol in die skoonheidsbedryf is Elana ook die vervaardiger van die televisiereeks, ‘n Nuwe Jy met Nova, waar sy haar passie vir mense, groei en lewensverandering tot uitvoering bring. Die reeks fokus op ware stories van transformasie en inspirasie met die doel om kykers aan te moedig om hulle volle potensiaal te omhels.