Johan van Lill praat met Kendal Goosen, ’n spesialis in rou en verlies, wat haar sertifisering voltooi het by die Grief Recovery Institute, ’n internasionaal erkende instelling. Sy help mense met die Grief Recovery Handbook op ’n praktiese en gesistematiseerde manier om verlies te verwerk, en weer hoop te vind. Die gesprek fokus op hoe ons verlies dikwels onderskat, hoe dit ons emosies en verhoudings beïnvloed, en waarom dit soms so moeilik is om rou regtig te hanteer.