


Geestesgesondheid
Playlist by Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.736 clip(s) in playlist

Geestesgesondheid: Angs by tieners tydens eksamentyd – hoe kan ouers help? (Deel 2)
20 Oktober 2026: Fanie Kriel, ‘n pastorale terapeut, werk vanuit sy ervaring met tieners en jongmense by skole en universiteite. Hy gesels oor angs tydens eksamentyd, hoe dit tieners beïnvloed en hoe ouers hulle kinders in hierdie uitdagende tyd die beste kan ondersteun – en wat hulle eerder nié mo…
45:13
Geestesgesondheid: Angs by tieners tydens eksamentyd – hoe kan ouers help? (Deel 1)
13 Oktober 2026: Fanie Kriel, ‘n pastorale terapeut, werk vanuit sy ervaring met tieners en jongmense by skole en universiteite. Hy gesels oor angs tydens eksamentyd, hoe dit tieners beïnvloed en hoe ouers hulle kinders in hierdie uitdagende tyd die beste kan ondersteun – en wat hulle eerder nié mo…
40:47
Geestesgesondheid: Die tentakels van trauma
6 Oktober 2026: Dr. Deon Bruwer, wat vanuit sy ervaring in pastorale terapie baie met mense se emosionele en geestelike uitdagings werk, praat oor trauma – hoe dit ons kan beïnvloed, waarom mense dit op verskillende maniere hanteer, en hoe ’n mens kan begin om daarvan te herstel.
39:20
Geestesgesondheid: Wanneer jy nie alles alleen kan dra nie
27 September 2026: Vyf maande gelede is Lizette Volkwyn met Myasthenia Gravis gediagnoseer. Sedertdien moes sy leer saamleef met ’n liggaam wat nie altyd doen wat sy verwag nie, en ook leer om ander mense se hulp te ontvang. Johan van Lill gesels met haar oor ondersteuning, onafhanklikheid, goedbed…
43:29
Geestesgesondheid: Wie sorg vir die mense wat vir ons sorg?
22 September 2026: Dokters en ander mediese beroepslui werk elke dag naby aan siekte, pyn, trauma, verlies en soms die dood. Johan van Lill praat met Elzette Fritz oor wat hierdie voortdurende blootstelling aan ’n mens kan doen, waarom emosionele afstand soms nodig is, en hoe mense in die mediese p…
41:00
Geestesgesondheid: Wanneer verantwoordelik wees oorverantwoordelikheid word
15 September 2026: Wanneer verander verantwoordelik wees in oorverantwoordelikheid? Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor oorfunksionering: daardie patroon waar jy so gewoond raak daaraan om probleme op te los, ander mense te ondersteun en alles aan die gang te hou, dat jy later s…
38:05
Geestesgesondheid: Tien gesprekke wat jou anders laat dink
8 September 2026: Johan van Lill deel tien kort uittreksels uit potgooie, TED-praatjies en onderhoude wat hom laat stilstaan en dink het. Van ’n toevallige gesprek met ’n vreemdeling op ’n trein en die behoefte om raakgesien te word, tot musiek en herinneringe, slaap, angs, vriendskap, selfdeernis …
44:44
Geestesgesondheid: Hoe fiksie iets waar oor die mens kan vertel
1 September 2026: Johan van Lillpraat met die skrywer, Frederick Botha, oor sy debuutkortverhaalbundel. Die bundel word as outofiksie beskryf, maar Frederick beklemtoon dat die verhale fiksie is en nie outobiografiese vertellings nie. Johan en Frederick gebruik die verhale as vertrekpunt vir ’n ges…
39:59
Geestesgesondheid: Die waarde van doelbewuste wegbreke
25 Augustus 2026: Johan van Lill praat met dr, Elzette Fritz oor die waarde van doelbewuste wegbreke vir ons geestesgesondheid. Elzette woon tans ’n kunswegbreek by Pedroskloof in Namakwaland by. Hulle gesels oor waarom afstand, stilte, natuur en kreatiwiteit waardevol kan wees, en hoe ’n mens iets…
43:49
Geestesgesondheid: Watter rol speel die kerk in geestesgesondheid?
18 Augustus 2026: Johan van Lill praat met dr. Wicus van der Merwe, die hoof van kerklike opleiding aan die Fakulteit Teologie en Religie by die Universiteit van Pretoria, oor geestesgesondheid en die kerk. Hulle bespreek waarom geestesgesondheid ook ’n saak vir die kerk behoort te wees, hoe geloof…
45:13