

Geestesgesondheid: Selfdood, tieners en die brûe wat gesinne kan bou (Deel 1)
28 Julie 2026: Johan van Lill praat met Christelle van Zyl oor selfdood, tieners en die belangrikheid van veilige verhoudings binne gesinne. Hulle praat oor sosiale media, afknouery, emosionele verbinding en waarom ouers reeds voor die tienerjare moeilike gesprekke moet begin.

Geestesgesondheid: Die stories wat ons oor onsself vertel
21 Julie 2026: Johan van Lill praat met Kobus Burger, RSG se programbestuurder, oor narratiewe terapie, 'n benadering wat mense help om anders na hulle lewensverhale en hulleself te kyk. Kobus, wat hom tans in hierdie rigting bekwaam, verduidelik hoe die stories wat ons oor onsself glo, ons identit…

Geestesgesondheid: Wanneer jou liggaam jou dwing om anders te leef
14 Julie 2026: Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n lewensafrigter en die menslike leuenverklikker, oor haar lewe met myasthenia gravis, 'n seldsame outo-immuunsiekte wat spiere verswak en die eenvoudigste daaglikse take uitdagend kan maak. Lizette deel haar persoonlike ervaring van diagnos…

Geestesgesondheid: Wat is die impak van leuns op geestesgesondheid?
7 Julie 2026: Johan van Lill praat met Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor leuens en die impak daarvan op ons geestesgesondheid. Hulle praat oor kinders wat jok, volwassenes wat die waarheid verdraai, en die emosionele uitputting wat ontstaan wanneer ’n mens saamleef met iemand wat kon…

Geestesgesondheid: Hoe kry ons weer sin, energie en rigting?
30 Junie 2026: Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor wat gebeur wanneer mense ophou floreer. Hulle praat oor daardie stille innerlike moegheid wat dikwels insluip terwyl ’n mens steeds werk, funksioneer en aangaan met die lewe. Die gesprek fokus op hoe ons weer sin, energie en rigti…

Geestesgesondheid: Hoe lewensverandering jou geestesgesondheid raak
Johan van Lill praat met Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor verandering, die verskillende seisoene in ons lewe en die impak daarvan op ons geestesgesondheid. Sy het onlangs ná baie jare in Johannesburg opgepak en Vermont toe getrek. Hierdie groot skuif vorm die vertrekpunt vir ’n eerl…

Geestesgesondheid: Waarom werkgewers anders oor produktiwiteit moet dink
16 Junie 2026: Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor die rol wat werkgewers speel in mense se geestesgesondheid, produktiwiteit en vermoë om te herstel. In baie Suid-Afrikaanse werksomgewings word lang ure, voortdurende beskikbaarheid en sigbare besigwees steeds maklik met to…

Geestesgesondheid: Rus is nie luiheid nie
9 Junie 2026: Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor die dieper betekenis van rus. In ’n kultuur waar besig wees dikwels soos sukses lyk, voel rus vir baie mense amper verkeerd. Tog is ons nie ontwerp om heeltyd beskikbaar, produktief en op volle spoed te wees nie. Ons praat o…

Geestesgesondheid: Die lewe ná ‘n egskeiding
2 Junie 2026: Johan van Lill praat met Albie Jordaan oor die pad vorentoe ná ‘n egskeiding. Die gesprek fokus nie op die regskant, skuld, bakleiery of wie verkeerd is nie, maar op wat met ’n mens gebeur wanneer die drama verby is en ’n nuwe soort herstel begin. Baie mense dink hulle sal onmiddellik…

Geestesgesondheid: Uitbranding is soveel meer as gewone moegheid
26 Mei 2026: Johan van Lill praat met Lynette Beer oor uitbranding, en waarom dit soveel meer as gewone moegheid is. Die gesprek fokus op die tekens van uitbranding, die verskil tussen stres en uitbranding, veerkragtigheid, grense, herstel, en hoe mense weer hoop, energie en betekenis kan vind.