

Geestesgesondheid 2 Desember 2025
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor die impak wanneer ’n eggenoot of lewensmaat die huis en die verhouding verlaat. Hulle verken hoe hierdie gebeurtenis almal in die huishouding raak. en hoe ’n mens sin kan probeer maak uit só ’n diep, pynlike ervaring.

Geestesgesondheid 25 November 2025
Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor die kweek van positiwiteit, en hoe mense se ingesteldheid en gedagtes die manier beïnvloed waarop hulle werk, leef en met ander omgaan. Hy verduidelik hoe negatiewe denkpatrone maklik wortel skiet, hoe liggaamstaal, stemtoon en stilte ’n mens se…

Geestesgesondheid 18 November 2025
Johan van Lill praat met Hazel Hattingh oor konteksblindheid in die werkplek. Wat beteken dit wanneer mense die situasie of die kamer verkeerd lees, en watter invloed het dit op werkverhoudings? Sy verduidelik hoe konteksblindheid manifesteer in gesprekke, hoe liggaamstaal, stemtoon en stilte belan…

Geestesgesondheid 11 November 2025
Johan van Lill praat met dr. Ronell Lemmer, ‘n kliniese sielkundige, oor emosionele regulering – hoe ons ons gevoelens kan herken, verstaan en gesond hanteer. Sy verduidelik hoe emosies deur die liggaam beweeg, hoe selfbewustheid help om stres en trauma te verwerk, en waarom dit belangrik is om oor…

Geestesgesondheid 4 November 2025
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor boeliegedrag. Hulle ondersoek wat boeliegedrag werklik beteken, hoe dit verskil van aanranding of gewone meningsverskille, en waarom dit so wydverspreid in Suid-Afrika voorkom. Die gesprek kyk ook na die emosionele impak …

Geestesgesondheid 28 Oktober 2025
Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor depressie in die werkplek, en hoe ’n lewensafrigtingsbenadering kan help om die tekens van depressie raak te sien, praktiese hanteringswyses te ontwikkel en gesonde werkplekke te bevorder. Die gesprek verken hoe mense hulle eie veerkragtigheid…

Geestesgesondheid 21 Oktober 2025
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor die geestesgesondheid van kinders en tieners. Waarna moet ouers en versorgers oplet? Watter aspekte speel 'n rol in kinders en tieners se geestesgesondheid?

Geestesgesondheid 14 Oktober 2025
Johan van Lill praat met Ronell Lemmer, ’n kliniese sielkundige wat fokus op die praktiese toepassing van geestesgesondheid in die alledaagse lewe, oor wat goeie geestesgesondheid in die praktyk beteken, en hoekom dit belangrik is om jou emosionele, sielkundige en sosiale welstand te verstaan, te v…

Geestesgesondheid 7 Oktober 2025
Johan van Lill praat met Rouxlene Badenhorst, streeksbestuurder van ADASA in die Wes- en Suid-Kaap, asook psigoterapeut en kliniese maatskaplike werker. Sy werk daagliks met pasiënte, families en versorgers wat deur demensie en Alzheimers geraak word, en bied praktiese ondersteuning, opleiding en h…

Geestesgesondheid 30 September 2025
Johan van Lill praat met Kendal Goosen, ’n spesialis in rou en verlies, wat haar sertifisering voltooi het by die Grief Recovery Institute, ’n internasionaal erkende instelling. Sy help mense met die Grief Recovery Handbook op ’n praktiese en gesistematiseerde manier om verlies te verwerk, en weer …