Martelize Brink gesels met Alita Basson van HTS Drostdy en Anja van Jaarsveld van Melkbosstrand Hoërskool oor die opwindende sport van toutrek, en wat dit so uniek maak. Hierdie twee talentvolle jong sportvroue is op pad om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Wêreldkampioenskappe in Engeland. Anja is lid van die 480 kg o/19 dogters Protea-toutrekspan, en Alita is onderkaptein van die 520 kg o/19 gemengde Protea-toutrekspan.