Die Goodnow-saal op Wellington spog met 'n ryk geskiedenis. Tien jaar gelede het die historiese gebou afgebrand. Hulle besonderse Steinway-klavier is erg beskadig. Die saal is gerestoureer, en die klavier is intussen herstel. André Terblanché, hoof van die Breytenbach Sentrum op dié Bolandse dorpie, vertel van die organisasie se konsertreeks wat nou in hierdie saal plaasvind. Hy brei ook uit oor die geskiedenis van Goodnow. Die wêreldklas pianis, Charl Du Plessis, vertel van sy ervaring nadat hy onlangs vir die eerste keer in die saal op daardie einste Steinway gespeel het.