Op 1 Oktober 2027 is dit die opening van die Rugby Wêreldbeker-eindtoernooi in Perth, Australië. Die gasheerland se openingswedstryd is teen Hongkong – China. Johan Rademan gesels met die Direkteur van Rugby by Sandy Bay RFC in Hongkong, oud-Vrystater Marno Meyer, wat ook in die afrigtingspan van die Wêreldbekergroep ingesluit is. Die kanse dat selfs Paul Roos Gimnasium en Paarl Gimnasium ook op die veld sal draf, is in dié stadium baie goed.