Heuningbostee word gemaak van verskeie inheemse fynbosstruike wat in die Wes- en Oos-Kaap voorkom. Dit is klein struike met heldergeel blomme en klein langwerpige of ovaal blaartjies. Tee van ‘n volwasse plant is die geurigste. Dit is al klinies bewys dat heuningbos uniek is vir sy gesondheidswaarde.