Komponiste soos Johann Sebastian Bach, Wolfgang Amadeus Mozart, Maurice Ravel en Alban Berg het almal op hulle dag aan musiekgildes behoort wat uit die Middeleeue stam. Gildes was daar om vakmanskap te bevorder, en vandag glo die Liedmakersgilde wat die kunslied in Suid-Afrika bevorder steeds aan mentorskap en om ‘n verhoog vir dié kunsvorm se kunstenaars te skep. Johan Rademan het met die klassieke pianis, Jose Dias, gesels.