Na meer as 20 jaar se fotografering en bestudering van al wat fynbos, plant, bol en boom in die Baviaanskloof is, het Magriet Kruger van die gasteplaas Zandvlakte saam met botanis Douglas Euston Brown die boek, Plants of the Baviaanskloof, uitgereik. Omdat daar al gesê is dié boek is die Baviaanskloof se blommebybel, het Mariska Spoormaker na die kloof gery om daar met die skrywers te praat. Maar eers vertel Magriet waar haar passie vir die Baviaanskloof se blomme wortel geskiet het.