Op jou restaurantbord is dit calamari, in die oseaan is dit inkvis, en in vissermanstaal is dit chokka wat in die Indiese oseaan tussen Oesterbaai en Nelson Mandelabaai gevang word. En dit is van die beste calamari in die wêreld – ’n lekkerny wat ongelukkig min Suid-Afrikaners beskore is, want dit word hoofsaaklik na Europa uitgevoer. Mariska Spoormaker het hieroor gepraat met Clive Cantor, calamari-kenner van Port St. Francis.