Modeontwerper en multidissiplinêre kunstenaar Arzelle van der Merwe praat oor haar werk wat gekies is om deel te wees van ‘n kunsuitstalling in Singapoer. Die kunswerkontwerpe het Barbies ingesluit. Daar was ook die langste loopplank vir Barbies met meer as 1 000 van dié poppe.