RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Yster, die mak tarentaal

 

Dieremaniere

Dieremaniere vier die diep band tussen mense en troeteldiere – van die geliefde huiskat tot die reddingshond, die nuuskierige konyn, die spraaksame pa… 
47 clip(s)
Loading playlist
S3E07: Elsje van Jaarsveld gesels met Irmari Arendt oor 'n baie ongewone huismaat: Yster, die mak tarentaal. Nadat sy ma hom as 'n brose kuiken van net drie dae oud, verwerp het, het Irmari hom ingeneem en grootgemaak. Vandag deel Yster die huis met 'n paar honde, luister gehoorsaam na sy eienaar, geniet dit om op die bed te slaap, en skroom nie om sy stem dik te maak as dinge nie na sy sin is nie. Dit is 'n ongewone verhaal van liefde, lojaliteit en die onvoorspelbare vreugde van ons diereryk.