
Dieremaniere
Dieremaniere vier die diep band tussen mense en troeteldiere – van die geliefde huiskat tot die reddingshond, die nuuskierige konyn, die spraaksame papegaai tot die onverwagse toegeneentheid van 'n troeteldierbok, -vark of -donkie. In elke episode verken ons die eienaardige, hartverwarmende en soms skreeusnaakse maniere waarop diere ons lewe verryk. Dit word sangebied deur 'n passievolle dierelief…Social links:

RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Yster, die mak tarentaal
S3E07: Elsje van Jaarsveld gesels met Irmari Arendt oor 'n baie ongewone huismaat: Yster, die mak tarentaal. Nadat sy ma hom as 'n brose kuiken van net drie dae oud, verwerp het, het Irmari hom ingeneem en grootgemaak. Vandag deel Yster die huis met 'n paar honde, luister gehoorsaam na sy eienaar, …
23:48
RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Die lewenslesse wat donkies ons leer
S3E6: Ons neem jou na die skilderagtige McGregor in die Wes-Kaap, waar die storie van Eseltjiesrus ontvou. Elsje van Jaarsveld gesels met die stigter, dr. Johan van Zijl, oor sy inspirerende reis en die passie wat gelei het tot die stigting van hierdie unieke veeartsenykundige en aftreehawe vir don…
25:20
RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Toffee, getraumatiseerde kinders se redder
S3E5: Kan 'n hond 'n kind help om erge trauma te verwerk? Elsje van Jaarsveld gesels met maatskaplike werker Edith Kriel van die Jelly Beanz-praktyk. Edith gebruik haar Golden Retriever, Toffee, as 'n gelisensieerde terapiehond om kinders te help wat vreesaanjaende traumatiese gebeurtenisse beleef …
29:02
RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Die belangrikste kollega op die skaapplaas
S3E4: Ons ontdek die buitengewone wêreld van werkhonde en die sterk band tussen ‘n skaapboer en sy hond. Elsje van Jaarveld gesels met die ervare Swellendamse boer en skaaphond-kenner, Mark Trollip, oor die kuns van skaapherderwerk, die belangrikheid van regte genetika en temperament, en sy uitsond…
24:54
RSG Bekbasaar: Dieremaniere- Die pyn van troeteldierverlies
S3E3: Wanneer 'n troeteldier groet, verloor ons meer as net 'n diertjie, ons verloor 'n gesinslid en 'n getroue kameraad. Elsje van Jaarsveld praat met René Rossouw, stigter van Petkidz, 'n veilige hawe en ondersteuningsgemeenskap vir troeteldiereienaars wat die intense pyn van troeteldierverlies b…
25:58
RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Die vrou wat diere in die veld opereer
S3E2: In hierdie roerende episode gesels Elsje van Jaarsveld met dr. Annerie Greyling, die stigter van Wandervet. Dr. Greyling het vyf jaar gelede dié nie-winsgewende organisasie gestig nadat sy beleef het hoe diere swaar kry terwyl sy deur derdewêreldlande gereis het as ‘n student. Aanvanklik het …
24:08
RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Mielies die skaaphond
S1E3: Ons ontmoet vir Mielies, 'n skaaphond met 'n daaglikse 'kantoorwerk'. Mielies vergesel Paul van Deventer, uitvoerende hoof van Sol-Tech, elke dag kampus toe. Mielies is as’t ware die baas van die plaas. Kom ontdek hoe hierdie sensitiewe, brawe hond die harte van studente en personeel gesteel …
26:43
RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Lente Rhoode se leeftyd van omgee
S2E 20: In die laaste episode van Seisoen 2 reis Elsje van Jaarsveld na die Laeveld vir ’n ontmoeting wat jou hart vinniger sal laat klop. Sy gesels met die merkwaardige Lente Rhoode van die Hoedspruit Bedreigde Spesie Sentrum. Lente deel haar aangrypende lewensverhaal en haar jarelange pad met die…
37:02
RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Die witkruisarende van Roodekrans
S2E19: Elsje van Jaarsveld neem jou na die hange van die Walter Sisulu Botaniese Tuine in Roodepoort. Sy gesels met Johann van den Berg, ’n passievolle vrywilliger verbonde aan die Black Eagles Project Roodekrans. Johann deel die merkwaardige en unieke verhaal van ’n broeipaar witkruisarende (Black…
27:47
RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Die moeilike pad na vryheid
S2E18: In hierdie aangrypende en inspirerende episode neem Elsje van Jaarsveld ons agter die skerms van wildrehabilitasie, saam met Wade Whitehead van FreeMe Wildlife. Hy deel die emosionele en logistieke uitdagings wat gepaard gaan met die behandeling en uiteindelike vrylating van beseerde en get…
46:40