S3E8: Dit is gerieflik om foto's van wilde diere te bewonder, maar wat verg dit regtig om wildediere van naderby af te neem. Elsje van Jaarsveld gesels met die bekende wildlewefotograaf, Niel Cillié. Niel het al verskeie asemrowende boeke gepubliseer van sy foto's van soogdiere en reptiele tot voëls en amfibiese spesies. Hy vertel openhartig van die uiterste omstandighede wat hy moet verduur; van yskoue oggende tot ure lank in die bloedige son, net om daardie een perfekte oomblik vas te vang. Hy deel ook waardevolle, praktiese raad vir aspirant natuurfotograwe wat self hierdie opwindende stokperdjie wil aanpak.



