RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Toffee, getraumatiseerde kinders se redder

 

Dieremaniere

Dieremaniere vier die diep band tussen mense en troeteldiere – van die geliefde huiskat tot die reddingshond, die nuuskierige konyn, die spraaksame pa… 
47 clip(s)
Loading playlist

S3E5: Kan 'n hond 'n kind help om erge trauma te verwerk? Elsje van Jaarsveld gesels met maatskaplike werker Edith Kriel van die Jelly Beanz-praktyk. Edith gebruik haar Golden Retriever, Toffee, as 'n gelisensieerde terapiehond om kinders te help wat vreesaanjaende traumatiese gebeurtenisse beleef het. Waar grootmense dikwels wantroue by hierdie kinders ontlok, bring Toffee 'n onmiddellike gevoel van veiligheid, kalmte en onvoorwaardelike aanvaarding. Ons hoor die inspirerende storie hoe Toffee 'n jong kind in die hofsaal getrou ondersteun het tydens moeilike getuienis teen sy eie pa. Hierdie hartroerende episode wys die diep, genesende band tussen mens en dier.