Ons hou misdaad in die kollig ná gister se bekendmaking van die slagoffers van misdaad-verslag. Die sekerheidskenner, Willem Els, vertel hoe Suid-Afrika kan baat by die Interpol-konferensie wat vandag in Kaapstad afskop. En, terwyl Suid afrika sukkel met ondoeltreffende polisiëring, kla Amerikaners oor Donald Trump se drakoniese benadering tot die beveiliging van stede soos Washington en Chicago. Om mee af te sluit is ‘n ysbad blykbaar die perfekte manier om jou lyf slank te kry voor die somer, maar is dit regtig so doeltreffend soos wat daar beweer word?