Crystal August Reynecke, 'n boorling van die sendingdorpie Genadendal, het haar wortels in Kaapstad geplant en die behoeftes van haar gemeenskap raakgesien. Op haar verjaardag 'n dekade gelede het 'n blink idee by haar opgekom om hulpbehoewendes te help.



