

Die Powells se geloof
Tanya Powell is getroud met Neil Powell, die direkteur van Junior Rugby by die Sharks. Sy vertel wat geloof vir hulle as gesin beteken.

Wat doen Matla A Bana?
Monique Strydom van Matla A Bana, 'n organisasie wat werk om kinders te beskerm en gemeenskappe toe te rus, vertel van hulle werk.

Die vrou by die put
Ds. Nadia Muller van Simondium Familiekerk gesels op Vrouedag oor 'n vrou wie se naam ons nie ken nie. Dis die vrou by die put, en wat ons vandag in ons eie konteks van haar kan leer.

Maranda se pad met aksiale spondyloartritis
Maranda van Dam, stigter van Axial Spondyloarthritis Association of South Africa vertel van haar diagnose van aksiale spondyloartritis.

Reinardt skep bewustheid oor aksiale spondyloartritis
Die Suid-Afrikaanse padfietsryer, Reinardt Janse van Rensburg, het kragte saamgesnoer met die Axial Spondylitis Association of SA om bewustheid oor aksiale spondyloartritis te skep.

Oudadministrateur se geloofsherinneringe
Kobus Meiring, oudadministrateur van Kaapland en iemand wat in uitdagende tye groot verantwoordelikheid gedra het, deel sy geloofsherinneringe.

Ds. Lerisa van Margate
Ds. Lerisa Meyer van KwaZulu-Natal is op 31 een van die jongste sinodale vroulike ondervoorsitters in leierskap. Sy vertel van haar gemeente, en haar besoek aan die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke in Thailand in 2025.

Veerkragtigheid
Dr. Gustav Gous gesels oor veerkragtigheid, en hoekom ons dit nodig het.

Beveg die Winterblues
Welstand- en lewensafrigter Leon Venter gee raad vir die Winterblues.

A21 beveg mensehandel
Internasionale Dag teen Mensehandel word jaarliks op 30 Julie gevier. A21 is 'n organisasie wat wêreldwyd werk om mensehandel te voorkom, slagoffers by te staan en gemeenskappe op te voed. Karen Menkveld vertel van hulle werk, en hoe kinders deur speletjies in gevaar gestel word.