



RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 8 (Albums in ‘n era van enkelsnitte)
In ‘n era van enkelsnitte lyk dit skynbaar asof albums besig is om uit te sterf. Barrie Ferreira gesels met Peach van Pletzen om te hoor hoekom albums nog belangrik is in die musiekbedryf. Peach verduidelik ook die kreatiewe proses om ‘n album te skeps. Ons vind ook meer uit oor Van Pletzen se vyfd…

RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 7 (Nuut op die radar: Venter)
Barrie Ferreira gesels met Matthew Venter, of net Venter soos wat hy bekend staan, in ons Nuut Op Die Radar-reeks. Hy vertel hoekom hy die musiekbedryf betree het, hoe hy dit ervaar om musiek te maak terwyl hy nog studeer om 'n meulmaker te word, sy eerste sosiale mediaplasing en ’n platekontrak.

RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 6 (Hoe word liedjies vervaardig?)
Het jy al gewonder hoe ‘n liedjie saamgestel word? Van die kunstenaar se stem tot al die klein instrumentele en agtergrondelemente? Barrie Ferreira praat met musiekvervaardiger Olly van Schalkwyk om te hoor wat die proses is om ‘n liedjie op te neem en alles op ‘n plek te bring waar dit goed genoeg…

RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 5 (Die proses van liedjieskryf)
Barrie Ferreira gesels met Marco van Deventer van die musiekgroep, ONS, en met Almero Welgemoed oor hoe kunstenaars die liedjieskryfproses benader. Marco delf dieper in hoe gewone liedjies geskryf word. Almero praat oor die proses van partituurskryf vir die TV-reeks, Een Keer Om Die Son.

RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 4 (Musieksamestelling by radiostasies)
Het jy al ooit gewonder hoe radiostasies besluit watter musiek op watter tyd uitgesaai word? Barrie Ferreira steek kers op by die musieksamesteller by Groot FM, Charonike Nel, en RSG se musieksamesteller, Riaan Grobler. Hulle gesels oor die wetenskap van musieksamestelling, die lisensievoorwardes w…

RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 3 (Nuut Op Die Radar met Chxnelle)
Ons begin met ’n minireeks, Nuut op die Radar. In hierdie episodes fokus ons op nuwe, opkomende kunstenaars wat hulle verskyning maak. Barrie Ferreira gesels met Chanelle Gerber (verhoognaam Chxnelle) oor hoekom sy besluit het om musiek vry te stel, wat haar drome vir die toekoms is, en waarna ons …

RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 2 (Die besigheid van musiek)
Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar verduidelik hoe die besigheidSkant van ‘n kunstenaar lyk. Hy praat oor handelsmerke, strategie en die finansiële aspekte wat in ag geneem moet word. Liezel Schlebusch, bestuurder van Droomsindroom, praat oor die administriewe kant. Sy vertel hoe praktiese reëlings…

RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 1 (Blackbyrd)
Die Suid-Afrikaanse girlband, Blackbyrd, het in 2024 nuwe lewe gekry met twee nuwe lede by Tarryn Lamb aangesluit het. Hulle is Tasché Burger en Tasha Zaaiman. Barrie Ferreira gesels met hulle oor hoe hulle hulle voete moes vind toe die groep hervorm is, die sterk band tussen hulle, die kuns van ha…