



Wie is ek 1 Mei 2026
Konstante moegheid is nie altyd fisies nie. Dit kan ’n teken wees van emosionele oorlading, wat jou liggaam nie meer kan dra nie. En, tydens menopause kan hormonale veranderinge jou gemoed só beïnvloed dat jy voel jy word iemand anders.

Wie is ek? 24 April 2026
Mense wat sukkel om nee te sê, dra dikwels ’n dieper vrees - dat hulle waarde lê in hoe beskikbaar en goed hulle vir ander is. Ons praat oor hoekom grense soos mislukking voel, en hoe jy dit kan herbedraad sonder skuld. ’n “Moeilike” persoon is nie altyd net iemand anders nie, dit is dikwels iemand…

Wie is ek? 17 April 2026
Het jy geweet dat jy heel normaal kan funksioneer (werk toe gaan, mense sien, aanhou presteer) en steeds in ’n konstante toestand van angs kan leef sonder om dit as angs te herken? En, verslawing gaan nie net oor stowwe soos alkohol of dwelms nie, maar ook oor gedrag – die dinge wat jy doen om iets…

Wie is ek? 10 April 2026
Jy dink jy is net “besig”, maar jou brein is dalk oorlaai en afhanklik van konstante stimulasie. Skerms verander nie net hoe jy dink nie, dit verander waaraan jy gewoond raak. Het jy nog die vermoë om stil te wees, of het jou brein dit verloor? Baie van jou keuses in liefde, werk en konflik is eint…

Wie is ek? 27 Maart 2026
Watter rol speel genetika in geestesgesondheid? Jy voel uitgebrand, maar jy kan nie ophou nie. Jy rus, maar jou kop hardloop. Jy weet jy moet stadiger leef, maar iets in jou jaag jou aan. Wat as die probleem nie dissipline is nie, maar ’n senuweestelsel wat nooit geleer het om af te skakel nie?

Wie is ek? 20 Maart 2026
Die mens se brein hou van rituele. Selfs mense wat sê hulle is nie bygelowig nie, doen dit, soos ’n spesifieke lied voor ’n groot oomblik, dieselfde koffiebeker elke oggend, of ’n stil oomblik by ’n graf. Navorsing wys rituele kan angs verlaag, fokus verbeter en ’n gevoel van beheer skep wanneer di…

Wie is ek? 13 Maart 2026
Ons praat oor hoe sosiale media stil-stil jou selfbeeld kan beïnvloed, en hoe jy kan keer dat ander mense se hoogtepunt-oomblikke jou eie lewe minderwaardig laat voel. Sosiale angs gaan nie net oor skaam wees nie. Vir baie mense aktiveer sosiale situasies dieselfde stresreaksie in die brein as ’n w…

Wie is ek? 6 Maart 2026
Wanneer word selfverbetering selfverwerping? Hoe herken ek die vroeë tekens van depressie?

Wie is ek? 27 Februarie 2026
Ons ontbloot wat regtig in jou brein aangaan wanneer vrees oorneem, én ontmagtig die mites oor persoonlikheidsversteurings wat mense laat stilbly en skaam voel.

Wie is ek? 20 Februarie 2026
Hoe weet ek of my verhouding emosioneel veilig is? Hoekom is ek so hard op myself?