In die Bybelboek, 1 Konings, kry ons die verhaal van die weduwee van Sarfat, wat sonder meel en olie was. Sy was egter bereid om die min wat sy het te…
13 clip(s)
Loading playlist
Doekies Johnson en haar man Abraham woon in ‘n HOP-huis in Phesantekraal net buite Durbanville. Hulle gee kos vir die gemeenskap want Doekies vertel dat sy weet hoe dit voel om nie kos te hê nie. Sy moes van ‘n jong ouderdom af self in die asgate vir kos skarrel. Die kosgee lei tot veel meer as net magies vol kry, dit verander ‘n hele gemeenskap.