Lizelle de Bruin gesels met Adri Klindt en ds. Rudi Swanepoel oor die werk wat Huis Jabes doen. Huis Jabes is 'n nie-winsgewende organisasie wat ‘n tydelike tuiste bied aan slagoffers van uiterste mishandeling. Hulle missie is om slagoffers te help genees deur vir elke aspek van hulle lewe te sorg - sielkundig, fisies en geestelik.