Lizelle de Bruin gesels met An Roets van Malmesbury oor die Bidbeerbediening. ‘n Bidbeertjie sit die boodskap van Jesus (Johannes 3:16) in die hand van ‘n mens wat stukkende, seer en bekommerde mense wil troos en hoop gee. Hierdie is nie gewone gebreide beertjies nie. Hierdie beertjie is toegedraai in gebede, en elkeen wat so ‘n beertjie ontvang, ontvang ‘n belofte van God. Die Heilige Gees openbaar wie die Bidbeertjie moet kry. Ouderdom tel nie. Dié bidbeertjie is ‘n saam slaap, troetelmaatjie, of selfs ‘n kussinkie onder die kop.