Vers en KlankVers en Klank

Vers en klank 27 April 2021

View descriptionShare
 
Die aktrise, aktivis, dramaturg, teaterskepper en nou ook digter, Veronique Jephtas, gesels oor haar debuutbundel, Soe rond ommie bos. Veronique verteenwoordig die kraakvars stem van 'n nuwe generasie Afrikaanssprekendes,  die sogenaamde "born frees", gebore ná 1994, wat grootgeword het in 'n land met meer geleenthede vir almal, maar waar die wonde van die verlede halsstarrig bly sweer. Soe rond ommie bos is die kreatiewe voortsetting van 'n ryk tradisie protespoësie in Afrikaans. Jephtas verbeel haar 'n gemeenskap wat vry is van gesprekke wat rondom die bos loop, en so in die gees van Vryheidsdag is dit uiters gepas om hierdie gedigte te hoor.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Vers en Klank

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Social links
Recent clips
Browse 740 clip(s)