Vers en klank 26 Maart 2024
Die digter Ernst van Heerden het in sy leeftyd 15 bundels die lig laat sien. In die eerste deel van reeks oor sy lewe en werk, lees André Weideman voor uit die bundels Weerlose Uur, Verklaarde Nag, Die Sewe Vrese, en Reisiger. Ons luister ook na grepies van opnames uit die argief waarin die digter …
Vers en klank 19 Maart 2024
Ons vier Wêreld Poësiedag op Donderdag 21 Maart. Jy kan uitsien na ’n hele rits gewilde Afrikaanse gedigte, asook toonsettings van ’n paar gewilde verse. Die voorleser is Susanne Beyers.
Vers en klank 12 Maart 2024
Jana Kruger en Pieter van Zyl is terug in die ateljee om gedigte oor ouers voor te lees. Jy kan veral uitsien na ’n besonderse gedig deur Olga Kirsch, Vyf Sonnette aan my Vader.
Vers en klank 5 Maart 2024
Die eerste aflewering in ’n reeks van twee programme oor herinneringe aan ma’s en pa’s wat nie meer met ons is nie. Ons digters het heelwat geskryf oor dié dinge, wat hulle graag nog vir hulle ouers wou sê, maar altyd versuim het om te doen. Daar is twéé voorlesers vir hierdie reeks, Pieter van Zyl…
Vers en klank 27 Februarie 2024
Marion Holm lees gedigte voor oor die soogdiere van Suider-Afrika. Daar’s verse oor lede van die Groot Vyf, soos die olifant en die luiperd, maar ook gedigte oor ander spesies wat net so mooi is en ook ons aandag verdien.
Vers en klank 20 Februarie 2024
In Antjie Krog se 2006-digbundel, Verweerskrif, is daar ’n gedig genaamd Vier Seisoenale Waarnemings van Tafelberg. Dit vertel hoe Krog dié berg vir ’n jaar lank waargeneem en leer liefkry het. Jana Kruger lees uittreksels uit hierdie gedig voor.
Vers en klank 13 Februarie 2024
Pieter van Zyl lees in die laaste aflewering in ’n reeks programme oor huise, meer gedigte oor die herinneringe wat mense het aan die huise waarin hulle grootgeword het.
Vers en klank 6 Februarie 2024
Pieter van Zyl lees gedigte oor huise, en waarom mense se huise steeds vir hulle die mees gesellige, gemaklike plek op aarde is – selfs al is dinge nie presies soos jy dit graag sou wou hê nie. Daar is ook gedigte oor daardie droomhuis wat elkeen van ons in gedagte het, maar seker nooit sal bewoon …
Vers en klank 30 Januarie 2024
Johann Nel lees weer gedigte voor oor fossiele en ander prehistoriese verskynsels.
Vers en Klank 23 Januarie 2024
Voorleser Johann Nel neem ons op ’n reis terug na die oertyd van die aarde. Jy kan uitsien na gedigte oor fossiele en ander prehistoriese verskynsels deur, onder andere, Antjie Krog, Cas Vos, Johann Lodewyk Marais en Ina Rousseau.