



Vers en klank 6 Januarie 2025
Ontsnap saam met Sophia van Taak na ’n fantasiewêreld vol mitiese wesens, soos die eenhoring. Van hulle is ook gedroggies wat kinders bang maak – soos die tokkelos, Antjie Somers en Makoemazaan die waterman. Karli Heine is die begeesterde voorleser van dié gedigte.

Vers en klank 30 Desember 2025
Is jy een van die gelukkiges wat Oujaar iewers by die see vakansie hou? Vir die mense wat ver van ’n strand en brandergedruis is, bring Sophia van Taak die see so ’n bietjie nader met gedigte oor al die wonderlike kreature wat in die see woon, én die eienaardige dinge wat op die strand uitspoel. Ju…

Vers en klank 25 Desember 2025
Anrich Herbst en Jana Kruger lees gedigte oor die feestyd voor. Daar is die bekende, meer gewyde verse deur van die ou meesters soos NP van Wyk Louw en AG Visser, en ook ’n paar verrassings wat jy dalk nog nooit voorheen gehoor het nie.

Vers en klank 23 Desember 2025
Protea Boekhuis het vroeër vanjaar ’n bloemlesing van die gedigte van Marlise Joubert saamgestel. Dié pragtige bundel se naam is ATRIUM. Joubert is een van die prominente vrouestemme in die Afrikaanse letterkunde, en publiseer die afgelope 55 jaar gereeld. Daar het al elf digbundels uit haar pen ve…

Vers en klank 16 Desember 2025
Protea Boekhuis het vroeër vanjaar ’n bloemlesing van die gedigte van Marlise Joubert saamgestel. Dié pragtige bundel se naam is ATRIUM. Joubert is een van die prominente vrouestemme in die Afrikaanse letterkunde, en publiseer die afgelope 55 jaar gereeld. Daar het al elf digbundels uit haar pen ve…

Vers en klank 9 Desember 2025
Die digter, Pirow Bekker, is in Julie 2025 oorlede. Hy sou op 9 Desember sy 90ste verjaarsdag gevier het. Ons luister na ’n spesiale program deur Sophia van Taak en De Klerk Oelofse ter herdenking van hierdie geliefde kortverhaalskrywer en digter. Bekker het oor ’n loopbaan van 60 jaar niks minder …

Vers en klank 2 Desember 2025
Dis uiteindelik Desember, en nou begin jy die slapies aftel na die dag wat jou verlof begin. Maar daar is ook mense wie se werk nooit ophou nie: dit is die huisvroue. Hulle moet steeds sorg dat die huis netjies, die wasgoed gedoen en die kos lekker is. Nicole Holm lees gedigte voor oor die irritasi…

Vers en klank 25 November 2025
Sophia van Taak praat met Herman Wasserman oor sy eerste digbundel, WATERMAN, wat onlangs verskyn het. Herman staan aan hoof van die Stellenbosch Universiteit se Departement Joernalistiek, en hy is bekend vir sy talle akademiese publikasies. Hy beskou die digkuns as ’n teenvoeter vir die akademie, …

Vers en klank 18 November 2025
Sophia van Taak praat met Thérèse Bartman oor haar debuutbundel, Die helfte is jou nie vertel nie. Thérèse dig oor ’n hele paar hedendaagse én geskiedkundige karakters wat nie geletterd was of is nie. Gevolglik word hierdie mense se stories en stemme ook nie so duidelik soos die res s’n gehoor nie.…

Vers en klank 11 November 2025
Was jy al ooit by die sirkus? Vroeër jare het daar gereeld ’n sirkus deur Suid-Afrika getoer, en wanneer die manne die groot tent op jóú dorp begin opslaan het, kon ’n mens die afwagting sommer aanvoel! Marion Holm gedigte voor oor die hansworse, toertjies en akrobate.