Vers en KlankVers en Klank

Vers en klank 16 Maart 2021

View descriptionShare
 
André Weideman lees gedigte voor uit die bekroonde digter Louis Esterhuizen se elfde digbundel Die gladde stiltes in glas. Nini Bennett skryf in haar resensie:  "Dit is duidelik dat ’n ervare digtershand hier werksaam is en dat die bundel konseptueel, sowel as in die fynere detail, deurdag en afgerond is. En of die digter se boustof nou klip, grond, rots, bouvalle, holtes grond of geogliewe is, hy skep poësie daaruit. Selfs die oerprosesse van verwering en erosie word veredel in dié verse. In geheel gesien: Die gladde stiltes in glas is ’n kosbare – nee, noodsaaklike – toevoeging tot die poësieliefhebber se boekrak." En Louise Viljoen: "Die gladde stiltes van glas is ‘n sterk bundel wat intrigeer vanweë die rykmetafore, die emosionele diepgang en die weiering om komplekse gegewens tot enkelvoudighede te reduseer. Dit is ‘n bundel wat met elke herlees nuwe perspektiewe sal open."
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Vers en Klank

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Social links
Recent clips
Browse 740 clip(s)