In die laaste episode van die eerste seisoen, praat ons met die legendariese, veelbekroonde haarstilis, Saadique Ryklief, wat al 30 jaar in die bedryf is. Hy lig die sluier oor die grootste foute wat bruide maak, die een ding wat elke bruid móét weet, en die beste begrotingsvriendelike haargeheime. Hy deel staaltjies oor die glanspersoonlikhede met wie hy gewerk het, soos die Kardashians. Lekker stories wat die hare op jou lyf behoorlik sal laat regop staan.