Die internet speel ’n groot rol in kinders se lewens – van skoolwerk en vermaak tot sosiale interaksie. Dit bring egter uitdagings, soos skermtydbeheer, aanlynveiligheid en die druk van sosiale media. Hoe help ons kinders om gesonde digitale gewoontes te ontwikkel? Blaine Jones praat hieroor met die digitale welstandspesialis, dr. Marlena Kruger.