Selfone, tablette en slimhorlosies is in die meeste klaskamers in Nederland verbied, in ‘n poging om leerlinge se aandag terug te kry by wat in die klas gebeur. Reeds in 2018 het die Franse regering die gebruik van selfone by skoolkinders jonger as 15 verbied. Hoe lyk die toekoms van selfone in Suid-Afrika se klaskamers? Blaine Jones praat hieroor met dr. Marlena Kruger van Technolife.