As jy na samesweringsteorieë luister oor Komeet 3i/ATLAS, nou dat dit weer agter die son herverskyn het, hoor jy stellings dat dit nou “getransformeer” het en nie meer die tipiese profiel van ’n komeet het nie. Dat dit nou vier keer helderder is en die helderheid skielik begin varieer het, dat dit nou radiogolwe en ultravioletlig uitsaai, ensovoorts. Hiervan word selfs deur ’n Harvard-professor wat pseudowetenskaplike gedraai het, verkondig! Om agter die kap van die byl te kom, het ons gaan kers opsteek het by ’n kenner, dr. Nic Erasmus, wat deel is van die ATLAS-projek, om te hoor wat is waarheid en wat is fiksie.