



Stemme van hoop 31 Desember 2023
In die 14de aflewering van Stemme van Hoop gesels Lizelle de Bruin met Dr Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke getuienis. Hulle kyk terug oor die 14 weke se gesprekke en fokus op die hoop wat in die reeks opgesluit is.

Stemme van hoop 24 Desember 2023
In die 13e aflewering van Stemme van Hoop gesels Lizelle de Bruin met Dr Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke getuienis en Sielkundige, Quintin Adams oor ‘n veilige omgewing vir ons kinders. Die gesprek fokus op veilige gesinne en omgewings vir ons kinders. Ds. Melanie Thirion vertel ook van …

Stemme van hoop 17 Desember 2023
In die 12e aflewering van Stemme van Hoop gesels Lizelle de Bruin met Dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke getuienis en Ds Schalk van Heerden van die Fontainebleau Gemeenskapskerk in Johannesburg oor hoe ons die verskil kan wees vir ‘n beter samelwing. Die gesprek fokus op hoe gelowiges v…

Stemme van hoop 10 Desember 2023
In die 11e aflewering van Stemme van Hoop gesels Lizelle de Bruin met Dr Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke getuienis en Professor Ernst Conradie oor Eko Teologie in die lig van klimaatsverandering. Die gesprek fokus op hoe gelowiges oor die ekologie moet dink. Ons hoor ook van Meester tuin…

Stemme van hoop 3 Desember 2023
In die 10de aflewering van Stemme van Hoop gesels Lizelle de Bruin met Dr Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke getuienis en Ds. Pieter Grove van die Serepta VGK gemeente oor Restitusie wat meer as net grondhervorming is. Die gesprek fokus op die verstaan van die rol van die burgerlike samelew…

Stemme van hoop 26 November 2023
Lizelle de Bruin praat met dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis, en Gregory Modungwa van Unashamedly Ethical oor hoe ons kan help bou aan sterker instellings soos families en skole. Ons hoor ook van pastoor Lazarus Makwena van Genadeland oor die opleiding wat hulle verskaf.

Stemme van hoop 19 November 2023
Lizelle de Bruin praat met dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis en sielkundige Quinton Adams oor of ons proteslose protestante of heilige aktiviste is. Ons hoor ook van Barend le Grange oor hoe hulle ‘n dorp reggeruk het.

Stemme van hoop 12 November 2023
Lizelle de Bruin praat met dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis en ds. Pieter Grove van die Serepta VGK-gemeente oor sosiale kohesie en die herstel van verhoudinge in die land. Ons hoor ook by Anneke Rabie van Mkhondo van oor gebedsaksie wat mense bymekaar gebring het.

Stemme van hoop 5 November 2023
Lizelle de Bruin praat met dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis, en politieke kommentator Roland Henwood oor die vaardighede wat in gemeentes opgesluit lê. Ons hoor ook van dr. Frederick Marais wat leierskapsontwikkeling in gemeentes fasiliteer.

Stemme van hoop 29 Oktober 2023
Lizelle de Bruin praat met dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis en sielkundige Quintin Adams oor nuwe denkraamwerke oor trauma en die bou van sterker families. Ons hoor ook van professor Renate Schoeman oor wat trauma is, en hoe dit behandel kan word.