RSG Help: Baby Therapy Centre, Pretoria

 
Dr. Scheán Babst vertel van die Baby Therapy Centre (BTC) in Lynnwood, Pretoria. Dit is 'n welsynsorganisasie wat al langer as 30 jaar baba’s, jong kinders en hulle gesinne ondersteun deur vroeë intervensieterapie. Vroeë terapie kan 'n kind se ontwikkelingspad verander, maar sonder finansiële ondersteuning kry nie elke kind toegang tot hierdie noodsaaklike hulp nie. Die sentrum fokus op die belangrike eerste lewensjare, wanneer vroeë terapeutiese ondersteuning 'n groot verskil aan 'n kind se ontwikkeling kan maak. Hulle bied gespesialiseerde dagsorg en groepterapie aan kinders, van geboorte tot ses jaar. https://babytherapy.org.za/

In 1 playlist(s)

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekk… 

Social links