Vir baie mense was hy die man met die helder kleure, speelse dorpstonele, gesinne, blomme, verliefde paartjies en die kunswerke wat vreugde gebring het in duisende huise. Hy het ’n besondere vermoë gehad om mense welkom te laat voel en om hulle potensiaal raak te sien lank voordat hulle dit self kon sien. Toe Kuns Met Kontant vyf jaar gelede op RSG begin het, was Portchie ons tweede gas op die program. Ter nagedagtenis aan Portchie gaan ons terug in tyd en luister na ’n gedeelte van die gesprek wat ons destyds met hom gevoer het.