SpitstydSpitstyd

Kuns met kontant: Ampie du Preez (Deel 1)

View descriptionShare
 
Hy leef eintlik in twee wêrelde, wat op die oog af baie ver van mekaar af lyk. Bedags is Ampie du Preez 'n gesertifiseerde finansiële beplanner wat saam met sy kliënte na hulle persoonlike balansstate kyk, hulle bates en laste bestuur en hulle help om finansieel vir die toekoms te beplan. Maar wanneer die werkdag verby is, word die syfers vir musieknote verruil, want Ampie is ook ‘n sanger, liedjieskrywer en musikant wat al vir meer as twee dekades sy passie vir musiek uitleef. Hy sien baie ooreenkomste tussen dié twee wêrelde: die een gaan oor mense se geld, doelwitte en drome; die ander oor emosie, kreatiwiteit en die uitleef van sy eie droom. Hy gesels oor hoe hy daarin slaag om 'n voltydse loopbaan as finansiële beplanner met 'n musiekloopbaan te kombineer, wat hy uit sy kliënte se persoonlike balansstate oor mense en geld geleer het, en waarom finansiële sekuriteit hom juis die vryheid gee om steeds sy groot liefde vir musiek uit te leef.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekk… 
Social links
Recent clips
Browse 1,036 clip(s)