SpitstydSpitstyd

Kuns met kontant 3 Desember 2025

View descriptionShare
Deel 2: Henco Kruger gesels met die hoofsanger van Die Heuwels Fantasties oor een van die groot ongemaklike vrae in die musiekbedryf: hoe kan ’n liedjie met meer as 24 miljoen strome steeds net ’n skamele bedrag in tantième oplewer? Musiek en sukses in dié era moet hersien word, want die gewildheid van ʼn liedjie stem nie ooreen met wat die kunstenaars in hulle sak kry nie. In ’n eerlike gesprek vertel Pierre Greeff hoe dit voel wanneer kreatiewe werk ongekende hoogtes bereik het, maar die vergoeding eenvoudig nie daarmee klop nie, en waarom Die Heuwels Fantasties besluit het om saam met Spoegwolf die vraag “waar is ons vergoeding?” openlik aan die musiekbedryf te stel. Ons praat oor deursigtigheid, die ekonomie van stroming, tantième, regte en die realiteit van sangers in Suid-Afrika, en waarom gewildheid lankal nie meer gelykstaande aan billike beloning is nie. Dis ’n betekenisvolle en insiggewende gesprek wat elke musiekliefhebber en kreatiewe entrepreneur móét hoor oor wat dit werklik verg om volhoubare musiek te maak in ’n stelsel wat nie altyd in die kunstenaar se guns tel nie.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Spitstyd

    868 clip(s)

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekk 
Social links
Recent clips
Browse 868 clip(s)