Ons bring hulde aan ’n besondere mens en kunstenaar, Johnny Davids, wat verlede week in die jong ouderdom van 48 oorlede is. In Oktober 2024 het hy Henco Kruger gesels met die vrystelling van sy memoire, Boytjie, ’n boek waarin hy die wêreld die geleentheid gegee het om sy storie, in sy eie woorde, te leer ken. Gewoonlik fokus ons op die finansiële stories van ons gaste, maar die gedeeltes van daardie gesprekke wat nie oor geld gaan nie, bly dikwels agter die skerms en beland op die redigeerkamer se vloer. Ons maak ’n uitsondering in Johnny se nagedagtenis. Ons deel juis daardie persoonlike, ongehoorde oomblikke — die dele van die gesprek wat nie oor geld gegaan het nie maar oor die mens self.