SpitstydSpitstyd

Kuns met kontant 20 November 2024

View descriptionShare

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kr 
705 clip(s)
Loading playlist

Deel 1: Haar pad na sukses was ‘n lang een, maar Lize Beekman het deur die jare bewys dat sy een van Afrikaanse musiek se beste liedjieskrywers is. In 2000 maak sy ‘n groot deurbraak toe “Sonneblom uit Bethlehem” deur Laurika Rauch opgeneem word. Haar liedjies wat ons nou hoor is almal toekomstige “classics”. Sy het voor haar sangloopbaan posgevat het, skool gehou, tuine uitgelê en houtwerk gedoen - enige iets om aan die lewe te bly terwyl sy haar gehore gebou het. Nadat “Sonneblom uit Bethlehem” haar bekend gemaak het, het dit nog vier jaar se harde werk geverg om ‘n winsgewende en finansieël lonende sangloopbaan te vestig. Haar eerste optrede by ‘n kunstefees het haar R4 000 uit haar eie sak gekos. Die volgende jaar het dit haar R2 000 gekos, en die jaar daarna sy gelykgebreek. Die volgende jaar is sy genooi om weer op te tree, en het die organiseerders haar betaal. Dit was dit ook die patroon wat al die ander kunstefeeste in die land met haar gevolg het. In 2012 gebeur die ergste ding in die lewe met haar toe haar lewensmaat sterf. Sy vertel hoe sy haar pad na herstel na dié reuse terugslag en trauma, veral vanuit ‘n finansiële oogpunt moes aandurf.

  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Spitstyd

    705 clip(s)

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekk 
Social links
Recent clips
Browse 705 clip(s)