Deel 2: Lydia Winchester het die afgelope vier dekades haar loopbaan en lewe aan die Afrikaanse musiekbedryf gewy. As publisiteitsbeampte wat oor die jare heen byna elke groot Afrikaanse naam op haar boeke gehad het, het sy verskeie sangers en treffers bekend gemaak. Henco Kruger gesels met Lydia oor hierdie ongelooflike reis – oor die stories agter die verhoog, die mense agter die musiek, en wat sy oor die jare by hierdie kunstenaars geleer het uit hulle gedrag en houding teenoor geld, sukses en finansiële dissipline. Sy vertel hoe die musiekbedryf haar gevorm het, en waarom sy ná jare van toewyding en spanning, besluit het dat dit nou haar tyd is om afskeid te neem.