SpitstydSpitstyd

Kuns met kontant 16 Oktober 2024

View descriptionShare
Deel 2 - Johnny Davids en sy destydse sangmaat het in die vroeë 2000’s die Zing-sangkompetisie gewen. Vandag is Johnny ‘n veldaanbieder vir die kykNet-joernaalprogram, Kwêla. Hy is ook ‘n kranige sportaanbieder vir Supersport, nadat hy vroeër jare sy tande as sport-en kontinuïteitsaanbieder by RSG geslyp het. Hy was by RSG laas in sy lewe ‘n salaristrekker in ‘n permanente pos; buiten vir dit was hy nog altyd ‘n vryskutwerker. Johnny vergelyk sy storie met ‘n aanhaling van die dramaturg en skrywer, Adam Small: “Die Here het gaskommel en die daais het verkeerd geval”, en verduidelik dat dit juis hierdie lewensuitkyk is wat sy nuwe boek getiteld, Boytjie, aanraak. Johnny gesels daarin oor sy genesingspad ná die seer van sy kinderjare. Hy wil nie hê sy drie kinders moet deurmaak wat hy as kind deurgemaak het nie. Daarom is dit vir hom belangrik om sy eie familie te begin, waar hy sy eie gesonde geldtradisies kan vestig.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Spitstyd

    689 clip(s)

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekk 
Social links
Recent clips
Browse 689 clip(s)