SpitstydSpitstyd

Kuns met kontant 11 Desember 2024

View descriptionShare

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kr 
717 clip(s)
Loading playlist
Deel 2: Chris Chameleon het vele talente. Die afgelope vyf jaar is hy ‘n beesboer in die Oos-Vrystaat naby Verkykerskop. Hy het destyds as akteur in Sonkring sy vermaaklikheidsloopbaan begin, en toe ‘n sanger geword. Sy albums het platinumsstatus bereik nadat hy groot aansien onder twee uiteenlopende musiekgenres se luisteraars geniet het - aanvanklik in sy hoedanigheid as baskitaarspeler en voorsanger van Boo! wat eklektiese punkrockmusiek gemaak het, en daarna in sy hoedanigheid as Chris Chameleon die Afrikaanse sanger met sy uitsonderlike falsetto-stem en sy toonsetting van Ingrid Jonker-gedigte. In hierdie eerste radio-onderhoud wat Chris in ses jaar toestaan, laat Henco nie op hom wag nie en val met die deur in die huis deur vir Chris te vra hoe hy dit op 53-jarige ouderdom kan bekostig om afgetree te wees. Henco pols hom verder oor hoeveel hektaar grond en vee hy het, die een vraag wat boere nooit onder mekaar vra nie. Een van die belangrikste lesse wat Chris geleer het, is dat die pad na genoeg geld nie met meer geld geteer is nie...
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Spitstyd

    717 clip(s)

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekk 
Social links
Recent clips
Browse 717 clip(s)