31 Mei 2026: Op 4 November 2026 kan stemgeregtigdes hulle kruisies trek vir beter dienslewering tydens die plaaslike munisipale verkiesings. Dit is die Onafhanklike Verkiesingskommissie se taak om te sorg dat die verkiesing onpartydig en deursigtig is. Die OVK behoort nie aan die regering van die dag nie - dit behoort aan die mense van Suid-Afrika om te verseker dat elke stem tel en elke uitslag geloofwaardig is. In die eerste episode van die reeks verken ons die kern van die OVK en sy mandaat. Elsje van Jaarsveld praat hieroor met Jacques Jansen van die OVK.