Renske Jacobs en Gustav Greyling proe saam met akteur Johnny Potsanyane en Dale Herbst, ’n kosfoendi en kulinêre storieverteller die volgende drie finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aangekondig word.