1 Oktober 2026: 'n Nuwe klag van die oortreding van die Vuurwapenbeheerwet word by die geskorste adjunk-polisiekommisaris, Shadrach Sibiya, se klagstaat gevoeg. Al hoe meer stemme gaan op dat die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, in sy amp herstel word. Cosatu sê R10-miljard moet uit die staatskas vir brandstofprysverligting bewillig word.