18 Mei 2026: Die Konstitusionele Hof beslis dat die regering nie vir dokters mag voorskryf waar hulle moet gaan werk nie. Die Menseregtekommissie vra voorleggings oor die waterkrisis in Gauteng. Die selfverklaarde polisie-informant, Brown Mogotsi, bly agter tralies nadat hy vandag vlugtig in die hof verskyn.