Koolstofdioksiedvlakke in die atmosfeer het die eerste keer in die mens se geskiedenis verby die vlak van 410 dele per miljoen beweeg. Dit het gebeur in weerwil van w6reldwye pogings om die globale koolstofvoetspoor te verklein. Jaco du Toit, 'n navorser oor klimaatsverandering by die Wêreld Natuurfonds, sê hoewel Suid-Afrika reeds baie doen om sy koolstofdioksied-voetspoor te verklein, kan daar meer gedoen word.