Vyf-en-veertig mense is beseer in 'n botsing op die N3 in KwaZulu-Natal te midde van voorspellings van erge reën en stormweer in die provinsie. Die laaste gesoekte verdagte in die Lusikisiki-massamoord is agter tralies. Ons praat met 'n kenner oor die gebeure in Mosambiek waar 'n nuwe vlaag betogings dreig. Die Chinese minister van buitelandse sake besoek vier Afrikalande.